Rolfing is ‘n omvattende metode wat spanningspatrone in die menslike orgaan verlig deur middel van manupilasie van die bindweefsel met die hande en bewegingsopvoeding. Die naam “Rolfing” is afgelei van die ontwerper van die metode, dr. Ida Rolf Ph.D.
Die mikpunt van Rolfing, in beide manupilasie- en bewegingsaspekte is dat die kliënt met groter gemak kan beweeg en funksioneer en sonder inspanning ‘n regopper houding kan handhaaf.
Rolfing bevorder ‘n gevoel van fiksheid en gesondheid. Persone wat gerolf is, staan met minder spanning en meer standvastigheid regop , haal dieper en makliker asem, beweeg natuurliker en met meer grasie en ontwikkel ‘n beter selfbeeld.
Die bindweefselnetwerk of fascianetwerk vorm die liggaam in ‘n groep van verhoudings wat kenmerkend van elke individu is. Rolfing praktisyns werk met die menslike struktuur deur middel van hierdie fascianetwerk sodat die verskillende dele beweeg en inpas in ‘n beter verhouding tot mekaar en tot die swaartekragveld.
Swaartekrag is een van die sterkste kragte wat die menslike liggaam beïnvloed. Kroniese spanning, laer lewenskrag en verswakte boilogiese en fisiologiese werking is die resutaat van ‘n swak liggaamshouding met swaartekrag. Dr. Rolf het gesê: “Ons wil iemand verlos van die plek waar swaartekrag sy/haar vyand is. Ons wil hulle verander sodat swaartekrag hulle vriend is, ‘n voedende krag.”
Mense van alle ouderdomme kom vir Rolfing om hulp te kry met nekpyne, rugpyne, verswakte beweeglikheid en ander probleme wat deur kroniese spanningspatrone veroorsaak word. Ander wil weer verbetering verkry met hulle voorkoms atletiese of kunssinnige optredes, of om ‘n verbeterde persoonlike groei tot volle verwesenliking van hulle potensiaal te verkry.#
Van tyd tot tyd besoek Mattheus Els Suid-Afrika en bied Rolfing sessies en yoga in Kaapstad en Johannesburg aan. Vir meer besonderhede kann u aan hom n e-pos stuur onder mattheus@mattheus-els.com. |
|